Nou lê jy ook alwetend
onder kranse en kadawerklei
om, na ons sang en trane,
met ons heheues weg te vrot.
Haai, die bome neurie saam
as ons die stiltes tart met sang
waarmee ek dormante wurms
sangsussend wil verneuk.
Prik ons skrif op grafstene
kykers in die dood se oog,
leer ek uit die lyk se lys
van jammers en te laat ?
Blank staan marmerstene
in die solder van my brein,
daarnaas lê my verweer en wag
gereed vir oordeelsdag.
© 2000
Marius Titus / De Gekooide Roos