Marius Titus Skryfwerk
Daar happen soms iets
ennek siennit,
dan skryf ekkit neer
ennek miennit.
Dan willek jou nie mesmeraais
of sonner rede kritisaais.
Ek sêrrit plain en hoep maar dat
van julle maybe note sal vat.
Skryf issie daar net virrie skrander,
dis oekkie reg van allie ander.
Ouens doodgewoon soes ek,
sonner titles, net soes ek.
Soe, die beste manier
omme taal te bewaar is :
Liessit, praattit, skryffit,
ontginnit en bedryffit.
Net soelank jy my verstaan,
stap skryf en taal ’n lang pad saam.

Over Marius Titus

Marius Titus (1946), het in Stellenbosch grootgeword. Van sy eerste gedigte is gepubliseer deur Patrick Petersen van Prog Uitgewers, in wat hy 'n saamry-bundel noem, met die naam Aankoms uit die skemer (1990). Daarna volg Oop gemoed (1990), Dwangherfs (1994) en Genesing uit vuil water (1998). Van sy werk is ook opgeneem in die bundel oor Suid-Afrikaanse digters wat deur Komrij uitgegee is. Volgens Titus skryf hy oor die gebeure in Suid-Afrika soos wat dit hom raak en verwoord hy dit as persoonlike belewenis. Hy glo "menseregte is 'n newe-produk van regte mense".
Meer over Marius Titus op wikipedia