Daar staan die standbeeld
van Lelie hoog en droog
al turend oor die Afsluitdyk,
waar armpies soos drenkelinge
palingnette dra en puntstaan
in die Yselmeer.
Soveel simboliek op
rakke van die winkel,
soveel Hollandsheid teen mure
en planne teen die see.
Sy blik gly oor die Afsluitdyk,
sy oorwinningsblik seil oor
die Yselmeer wat waterryk
voor sy beplanning abdikeer.
© 2000
Marius Titus / De Gekooide Roos