die son hou die gesig
daglank op hom gerig
hy krink die geelgesoomde kop
die swart oog hou hom dop
die blom word teken van die son
geel en oker geknakte ikone
merk ‘n moeisame lewenstog
elke bonkige sonneblom
is teken van van Gogh
die suising van die sterre
word deur die oorskulp ingesuig
die kosmos swik, swik en kantel
soos die kurwe van die kraakbeen buig
die oor, vermink, word indeks van verrukte dink
aan elke kolk van kleur
is hy wankelend verknog
elke ferm kwashaal verf
is triomfantelik Van Gogh
© 2000
Heilna Duplooy / De Gekooide Roos