Voor wie ik liefheb, wil ik heten.
(Neeltje Maria Min)
Die sagte sein is uitgestuur
en tril die ruimte in,
dit is uit donker water voortgebring
die water wat van late liefde sing.
Jy is die kurwe van die radarboog
waarin die sagte sein ryk resoneer.
Jy vang my op en stuur my uit—
skottel
skottel
satelliet—
’n vonk in die verskiet
en ek is klein verruim.
Ek gaan hier by jou voete sit
my kop net by jou hand
en sonder om jou aan te raak
vra ek aandagtig, langsaam:
Gee my nou ’n ander naam.
© 2000
Heilna Duplooy / De Gekooide Roos