Louis Esterhuizen Liefde is hier ter sprake
Kyk, die lag wapper los
soos ’n mantel om hom. Kyk, kyk.
Hy lek sy handpalm en verbeel
hom die geur
van ’n geliefde. Kyk, die wind peuter
met sy hare, die blomme rank
ligroos
na hom toe. Kyk, kyk. Hy loop, hy dans
deur ’n volkleur landskap.
Geur skep hy soos water in sy hande
op. Kyk, hy buig die lugruim na sy mond
hy drink wat nie vir hom
bedoel is. Kyk, kyk. Hy vang skoenlappers
in sy mond en sing die kleur
van blomme. Moenie hom steur nie.
Dis goed so. Hy onthou die gloed van hande
oor sy lyf. Die sagter greep van lippe.
Laat hom hemelsnaam
begaan—
Liefde is hier ter sprake.

Over Louis Esterhuizen

Welkom (Zuid Afrika), 1955. Onderwijst Afrikaans aan een Highschool in Pretoria. Publiceerde de dichtbundels: Stilstuipe (1984); Op die oog af (1986); Die onderwaterweg (1996) en Patzers (1997) en publiceert regelmatig in diverse Zuid-Afrikaanse tijdschriften.
Louis Esterhuizens webstek
Louis Esterhuizen op Wikipedia