eers bou die miere ’n hoë wal
op ’n eentonige sprinkaannoot
baldadig galop die veld alom
op kloutjies deur die gras
’n grys kombers van hoek tot kant
leë dromme op mekaar gestapel
rondomtalie, om en om
jaag jou duiwels oor die stof
rug gedraai tot verweer
staan die kloutjies in die nat
spoedig word die druipstert nog ’n keer
baldadig van die pret
dan word jou jas uitgehang
stroompies kabbel oor die sand
opgesuig in die grote spens
want môre dors ons weer
© 2001
Lieb Du Preez / De Gekooide Roos