Heilna Duplooy Landeskunde
Italië is elegant
’n slanke been,
kuit,
en enkel
en ’n hoëhakskoen:
gekeep,
gekinkel
en gekerf,
trap hy lig
en los
bo Afrika
iets puntenerig
in die lug-
met so ’n hintertyd
van grotes en gebeure
oorbekend
is hy,
verweerd en argeloos,
regmatig dekadent.
Oor die aardbol swaar gerond
hang Afrika
noord breed gejuk
en suider
smaller
afge-
breek
hy tors sy spiere
teen sy las
hy is gereed
sy groot krag ongerig
sy taak nog onbegonne.

Over Heilna Duplooy

Heilna du Plooy (1947, Pretoria) is professor in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en literêre teorie aan die Potchefstroomse Universiteit. Sy het gepromoveer met 'n proefskrif getiteld "Verhaalteorie in die twintigste eeu" (1985) en skryf gereeld akademiese artikels oor Afrikaanse letterkunde in Suid-Afrikaanse en ook Nederlandse vaktydskrifte. Sy het verskeie kortverhale gepubliseer in literêre tydskrifte en 'n digbundel "Die donker is nooit leeg nie" in 1997. Sy en haar man woon in Potchefstroom en het vier kinders.

Heilna du Plooy op