Psalm 121
Ek slat my twee oge op,
my kyk vang die verste kop:
waavanaf sal my hulp nou kom?
My hulp is vannie Jirre, van Hom:
Hy’t nou die jimmel en Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voete klipperse raak,
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit nie eers oor slaap.
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
innie nag hou Hy gevaarlikeit dop.
Hy’s mos nou da om jou op te pas:
jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas.
Gan jy nou in of gan jy nou yt:
Hy’s oor jou vi ewig en vi altyd.
Psalm 84
Jirre, hoe lieflik is U se heilige hys,
ek wil vi U nou net da gat prys.
Ek wil self nou seintoe gaan
en voor U se deer loop staan.
Ek raak in my hart in bang,
Jirre, vi hierie groot velang.
Die kiewiet het nou hy se plek,
die korhaan met hom skelterbek
is by U se skerm sosse hondjiethie tys.
Ek vra ok die skylte van U se hys,
want een inkelte dag op U se werf
is beterder as om te orie dyne te swerf.
Ek staan liewerster en klop aan U se deer
sa te loop kyer byrie sypviere sonnerrie Heer.
Die Spreke van Salomo
20:13
as jy nou wil skierlik saat armlik raak,
lê dan derie hele dag innie kooi en slaap,
ma staan mettie son saam op en gat loop werk,
en kyk, vanaand innie skerm kook jy skaap
22:2
vorie Jirre is alman gelyk,
of jy arm is of altemit ryk,
die Jirre het die hele mense gekom maak:
Hy sallie selle agter alman kyk
22:13
die lye mens die skrou:
bytoekant wag da ‘n lou,
dan bly lê ek liewerster innie hys
annerster veskeer hy my nou
23:26-28
glo nou vi my, my seun, en onthou:
sosse gevaarlike dyn issie slegte vrou;
mettie bierman se vrou val jy innie putse in,
hy lê toor mettie goeie man se trou
24: 13-14
eet hening, my kjent, dis gesond,
dit smaak soet in jou se mond,
so smaak die gelerenteit ennie deetlikeit:
en jy loop met oormore in jou rond
Uit: Innie skylte vannie Jirre
© 2001
Hans du Plessis / De Gekooide Roos