Klokslag, 17h00 hoor sy die sleutel in die slot draai.
Sy draai outomaties die cd-speler se volume harder.
Hy sluit die deur van die binnekant en plaas sy selfoon en pistool op die kas langs die bed.
Sy gaan staan teen die muur en steek ’n sigaret aan.
Hy trek haar romp teen haar bene op en vind soos gewoonlik geen onderklere.
Hy kyk vlugtig op sy horlosie voordat hy homself in haar instoot.
Sy konsentreer op die musiek en blaas die rook onder sy arm deur.
Sy selfoon lui en hy stamp homself driftig diep in haar in.
Sy rol haar romp af terwyl hy sy telefoon optel en ’n nommer neerskryf.
Sy rol haar bloese se mou op, hy kry maklik die aar en spuit die naald leeg.
Hy gee haar die lys met name en telefoonnommers; vanaand is daar vier, almal nuwes.
Hulle loop die trappe af na sy motor.
Buite waai ’n ysige wind, maar sy kry ontsettend warm.
Hulle ry verby die desperate meisies in kort rokkies by die verkeersligte.
Sy’t goed gedoen, dink sy toe hulle by die hotel se parkeerterrein stilhou.
Vir ’n meisie van sestien, het sy goed gedoen, danksy hom.
Die Here gee uitkoms op vreemde maniere; sy wonder wat haar Pa sou sê...
© 1999
Clinton V. du Plessis / De Gekooide Roos