hy sit in die diep gemakstoel
voor die venster
’n boek op sy skoot
en staar lank by die venster uit
die teekoppie half
die helfte koud en vergete
(sy hare is al wit)
kap met ’n potloot saggies teen sy kunsgebit
(wat was dit nou weer?
wat was dit nou weer?)
sy hempskraag is tot bo toegeknoop
sy broekspype wyd
en omgerol by die soom
hy lees dan weer
en skryf versigtig iets neer
buk vooroor
sit die boek en die potlood neer
steun eers swaar op die armleunings
om op te staan uit die stoel
dan op sy knieë
wag ’n oomblik vir die bloed
om na sy bene te vloei
vertrek dan sleepvoet
sonder om te groet
ek loop na sy boek
en hoop om betekenis
in omkringde woorde te kry
maar daar is net een sin
in die kantlyn daarby:
alles ruik na petroleum
© 2005
Sandra Nortje / De Gekooide Roos