Charl-Pierre Naudé Suiwer wiskunde
I was angry when I realised I had been lied to
- Rachel Zadok
’n Nuwe skrywer praat
oor haar geluk as kind
niksvermoedend onder die juk
van propaganda en die skande
van apartheid –
’n tyd van kwade wil,
bo alle twyfel.
Sy was kwaad vir die bewindhebbers
toe sy later besef het hulle lieg
vir haar al die tyd.
Maar watter euwel benodig kwade wil
as dit innigheid is
wat beskik?
Kwade Wil, die gehate skepsel,
is voorgelê en gevang deur die Kruisvaders
en in voetboeie en kettings gesit,
en ons sleep hom deur die strate
en slaan hom met stokke tot hy skubbe kry
en steek met messe die ou kookwater dat hy sis,
die fokken ou harige sirkusvirus aan sy rinkelende leiband,
dans, jou hans-satan, jou logge Gog!
Kap oop daai kastaaing!
Dat hy hare kan groei en bloei
om die piepende pit –
ja, dit lyk of hy bloei ...
Arme, arme
Kwade Wil,
hy is maar net wat hy is,
dis in sy aard.
Wat van die nie is?
Dis ’n groter bekommernis.
Laat staan tog die beer
omdat sy toonnaels groei.
En die voodoopoppe dans nie
omdat hulle ’n keuse het.
’n Kosbare herinnering
aan my liewe pa,
waar hy sit onder die gespanne boog
van ’n leeslamp se lig en geloog straal oor sy boek,
soos ’n witwortel wat pas uit die grond getrek is:
“Treblinka, Aushwitz, dit mag nooit weer
gebeur nie.” – fluisterend, in die hoek ...
die hele wêreld tuis
terwyl die drukkoker saggies fluit
in die kombuis
waar die sterwensgang van miljoene
plaasvind sonder dat dit lyke agterlaat.
Al wat nodig is
vir die bloederige opklits
van ’n slawe-optog en nuwe skelette in die tuig,
die klein koeverte waarin die universum sterf,
die stamper wat God soos ’n sel vernietig,
is een,
slegs één, enkele
opregte mens.
En van hulle het ons vandag
meer as genoeg.

Over Charl-Pierre Naudé

NOTES TOWARDS A BIOGRAPHICAL SKETCH

I was born end 1958 in a small town in the heartland of the Eastern Cape — a half-fish with a sixties hairstyle, two years too early. I suppose I could not wait to argue with my parents.
I grew up in East London, a wind-swept coastal town built on the bones of the Xhosa empire and the broken dreams of the Great Depression — and prone to religious revivals, which didn't seem to help.
I went to Stellenbosch University to study Philosophy and Classics, then spent the eighties "underground" running away from the South African Defence Force that kept on calling me up to fight a civil war — not an unusual fate for someone of my generation in South Africa. Die Nomadiese Oomblik was published by Tafelberg in 1995 — and awarded the Ingrid Jonker Prize in 1997.
I was made a poet by the melancholic ambiguity of Cape Town and the Eastern Cape. But Is came to Johannesburg at the beginning of the nineties to be swept away by the current of change and to be poisoned by all the metals in the ground here. As a journalist I made a name of sorts as film analyst.
Being a poet in a country with nine languages and several immigrant ones while half of the population cannot read, is like putting holy communion on the tongues of a many-headed monster, with one small piece of bread. Already I have only one hand left. It is this hand I call Afrikaans, no matter how much it changes.
Charl-Pierre Naudé bij Poetry International
Charl-Pierre Naudé op Wikipedia (afrikaans)