vandag was so warm
en afrika so sloom
dat mens ure lank in die skadu
oor die betekenis van woorde
en verlore liefdes sou kon droom
’n jong vrou loop langs die pad
kind aan die hand
een op haar skraal rug
dorstige kinders met gebarste lippe
maar vandag was te warm
om lank bedroef te wees
of bly
later: die nag
en blink swart water
stroom in arcadia se strate af
© 2007
Sandra Nortje / De Gekooide Roos