weet jy hoe stil ’n wintersnag is
so voordat die ryp op die gras kom lê
met die straatlamp se lig wat geel oor die
tuinmuur val wanneer die hond vir oulaas
snuffel aan die gras en aan die hoek van
die huis en aan die ysterhek terwyl
sy stert swaai en die buurman by sy huis
indraai en jy weer dink aan die dag se
stomme lawaai en dit laat jou stil
en verslae al kom dit soos alle ander
dae tot rus bloot omdat die donker is
en jy weet hoe bitter koud dit kan word
kort voor die son opkom maar alles kom
vir eers tog tot rus - jy weet hoe dit is
© 2007
Sandra Nortje / De Gekooide Roos